Centurion Stoeiers ook tuis op die jagveld.
Deur Roelf Labuschagne - 3 Augustus 2010
Op die R59 op pad na Vereeniging kry jy 'n afrit wat se "Johan le Roux". Daar afgedraai kom jy vinnig agter jy is in Cheetah wêreld - nie net omdat Oranje vlae die "blou vlag" vervang het nie maar ook as gevolg van die oop en uitgestrekte gras vlaktes. Skaars 20 min vanaf die afrit kry jy die padteken wat se "Schickfontein" en dis na hierdie jagveld wat Erly Bester en Kobus Kidson 'n vinnige jaguitstappie gereël het - Vrydagoggend geskakel om te se "boys, ons ry more oggend 6uur om te gaan jag".

Dit is 6 uur Saterdag oggend en die stoei seuns is wakker en opgewek - vroeg opstaan op 'n Saterdag oggend is blote formaliteit vir hulle - die enigste verskil was die stoei pakke wat verruil is vir jagskoene en kamoefleerdrag. Gesoute jagters van hierdie seuns en hulle het sommer vinnig gedagtes gewissel oor wat hoe en met wat gejag moet word. Skaars 'n uur nadat hul op die plaas gearriveer het lê die eerste bok - 'n wit blesbok en die stoeimanne gesels - te meet aan die entoesiasme is dit gelykstaande aan 'n goue medalje op SA’s. Twee van die manne (heelwat sterker as die res) se nee, hulle is hier vir die uitstappie en nie om te skiet nie en die jonger manne besluit sommer vinnig dat almal saam jag en gee die twee sterk manne die taak om die bokke wat geskiet word op die bakkie te laai. As die ouer garde kon die pa's die krag van "'n stoeier" dadelik waarneem toe die eerste blesbok met 'n perfekte "soeplei" op die bakkie neergesit word - wat tot 'n nuwe gesprek gelei het - "waar is ons jong dae toe ons ook nog 'n bokkie berg op of af kon dra". "Stoeiers kan nie net stoei nie maar jag ook"!! Met 5 blesbokke en ‘n swartwildebees het die jagspan besluit om halt te roep want wat geskiet word moet geëet word en die gewigsgrens moet ook in gedagte gehou word. Instruksies is gegee en foto’s is geneem - " nee, lê plat op jou maag as jy die foto neem en skuif die jagter bietjie vêrder van die bok af - dan lyk die bok groter!” 
Met die gedagte aan die tradisie van "ietsie rou te eet" as jy jou eerste bok skiet wonder ons nog steeds hoe seker van die jagspan was dat hulle nie jag nie! - "lekker man, om saam die seuns in die veld te wees" en van die stoeimat af ook ons gesondheid in die natuur kan uitleef.
Sloan, Shane, Ernst, Brandon en Ruben was die jagspan soos op foto’s te sien. Wys jou nou net, hierdie jong manne kan nie net stoei nie.