CENTURION WRESTLING GYMNASIUM

CENTURION STOEI GIMNASIUM

Monday, February 06, 2012
        Register
    
 

Wie het belang by SA Gradering?

Indien jy ooit vir 'n toerspan, of internasionaal vir SA wil stoei, is Gradering belangrik.  Dit vorm deel van die kriteria wat jou verkiesbaar stel, en bepaal die rang-orde van stoeiers per gewig-kategorie.  Dit is dus van belang vir almal wat genomineer wil word om in spanverband internasionaal te stoei in die volgende kategorië:
i.      Kadette - 16-17 (vanaf 15 met mediese en ouer goedkeuring)
ii.     Juniors - 18-20 (vanaf 17 met mediese en ouer goedkeuring)
iii.    Seniors - 20+
iv.    Veterane - 35+

Is daar ander toernooie wat bydra tot jou seleksie vir 'n span wat  internasionaal meeding?

Toernooie wat voorgeskryf word, soos bv. NGS Presidente, Tuks Ope, Sarel Bester en Limpopo Ope. Uitslae sal 'n groot rol speel in die samestelling van so 'n span.


Wat gebeur as jy dit nie doen nie?

Dit is waarskynlik dat die Noord Gauteng Spanbestuurderskomitee 'n stoeier nie sal oorweeg vir internasionale kompetisie of toerspan, indien sodanige stoeier nie in die gradering, enige proewe of kampioenskappe deel geneem het nie.  Indien hy of sy beseer is tydens die kwalifiserende byeenkoms, kan hy of sy steeds gekies word om internasionaal te stoei, deur mediese sertifikate in by sulke kompetisies in te dien.  Daar word van genomineerde stoeiers verwag om ook al die nasionale oefeninge by te woon.

Vir verdere navrae raadpleeg Noord Gauteng Stoei se inligtingstuk vir die jaar - www.gnwrestling.co.za

 

______________________________________________________________________________________________
CSG Sponsors and Partners



Quote for the week:

"The victory of success
is half won when one
gains the habit
of setting goals
and achieving them.
"
Og Mandino

 

 South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC)

www.sascoc.co.za

South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC)

Youth Olympics 2010 in Singapore 


__________________________

 


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Privacy Statement  |  Terms Of UseCopyright © 2007-11 by Centurion Wrestling