Noord-Gauteng Stoei
2012
Inligtingstuk
http://www.gnwrestling.co.za
1. Boodskap: Noord-Gauteng President
Die nuwe jaar kom met groot uitdagings en geleentheid vir Stoei deelname asook vir die bestuur van Stoei sake. Noord-Gauteng sal voortbou en verbeter op ons doelwitte vir ‘n breë deelname basis en top prestasie van ons stoeiers en ampsdraers. Ons sal tydens 2012 hierdie doelwitte rig inlyn met ‘n strategie vir Lang Termyn Deelnemer Ontwikkeling (Long Term Partipation Development - LTPD) ter ondersteuning van ‘n Nasionale Sport Initiatief vir die bestuur en aanbieding van sport. Die SASF het ‘n deeglik beplande raamwerk vir die afrigting en ontwikkeling van stoeiers saamgestel, wat aanpassings aan die benadering tot afrigting vereis, asook bepaalde verwagtinge stel vir aanpassings aan die aanbieding van Stoei toernooie. Verenigings en Klubs sal tydens 2012 toernooi aanbieding moet aanpas ooreenkomstig met LTPD riglyne en ruimte word toegelaat om alternatiewe konsepte van toernooi aanbieding te toets. Dit bied die geleentheid vir elke organisasie struktuur en individue om insette te lewer tot die verandering aan Stoei toernooie, wat deelnemers se behoefte aanspreek en wat voldoen aan beproefde beginsels vir die onwikkeling van sport manne en vroue. Daar is bepaald ook ‘n risiko vir ontnugtering en teleurstelling van deelnemers aan toernooie wat verhoed moet word deur deeglike beplanning en deurlopende kommunikasie op alle vlakke. Dit is belangrik vir alle bestuurs strukture, komitees en klubs, om hulle te vergewis van die doelwite en minimum vereistes vir die implementering van LTPD soos vervat in betrokke SASF dokument (WRESTLING A SPORT FOR LIFE 22 NOVEMBER 2011)
Die beplanning vir 2012 het reeds in Augustus 2011 begin met die Half Jaar Beraad waartydens ‘n Noord-Gauteng Strategie met insette van alle klubs saamgestel is. Die Noord-Gauteng grondwet is ooreenkomstig aangepas en reglemente is aangepas om die werk en verwagtinge van sub-komitees duidelik te definieer. Lede van komitees moet verseker dat hulle bekend is met die grondwet en betrokke reglemente. Die beplanning vir 2012 sluit die volgende Strategiese prioriteite in:
1. Beplanning en implementering van LTPD aanpassings vir-
a. Bestuurs beplanning
b. Aanpassing aan die aanbieding van toernooie
c. Verandering bestuur en kommunikasie
d. Gefokusde afrigting-kurrikulum met gepaartgaande afrigtingsopleiding en gradering.
e. Werwing en behoud van beamptes, insluitend die verlaging van die intree-ouderdom vir beamptes
f. Internasionale bloodstelling
2. Ontwikkeling van Bulletjie Stoei as ‘n alles omvattende intree strategie vir die verbreding van die deelname basis
3. Die implementering van ‘n Noord-Gauteng bestuur struktuur vir Zenzele asook die vestiging van ‘n Zenzele Klub Bestuur struktuur oor tyd.
4. Implementering van effektiewe en doelgerigte bemarking en kommunikasie. Die bemarkings pos op die bestuur is geskrap met die doel om kundige mense te betrek wat doelgerig kan funksioneer.
5. Ondersteuning aan nuwe en kleiner klubs. Sub-komitees is gestruktureer met spesifieke poste vir klub ondersteuning.
6. Skole Stoei – Om privaat afrigting buite klub verband te vestig en te reguleer tot voordeel van Noord-Gauteng Stoei en sy ge-affilieerde klubs. Om daardeur die beeld van Stoei positief uit te bou en breë deelname te bevorder as strategiese middel tot die uiteindelike vestiging van Skole Stoei as ‘n medium tot langer termyn doelwit.
Ek wens u almal alle sterkte toe met u take en uitdagings vir die jaar wat voorlê en hoop dat u aan die einde van die jaar met bevrediging sal terugkyk na u bydrae gelewer en prestasies behaal. Aan almal wat bereid is om eie tyd op te offer vir die sport – byvoorbaat dank.
Sterkte vir die Stoei jaar
Danie Odendaal
2. Inleiding
Stoei is ‘n sport so oud is soos die mensdom self en funksioneer wêreld wyd deur entosiastiese vrywilligers, wat baie dae en nagte spandeer aan hierdie ongelooflike sport.
In Suid-Afrika is die basis van hierdie korps van vrywilligers die ouers en stoeiers wat aan bykans 80 klubs reg oor Suid-Afrika behoort en hul dienste beskikbaar stel. Die tien klubs in die Noord-Gauteng streek is ge-affilieer by ‘n vereniging bekend as Noord-Gauteng Stoei.
Noord-Gauteng Stoei, saam met 13 ander verenigings, is ge-affilieer by die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie. Die SASF is weer ingelyf by organisasies soos: SASCOC (SA Olimpiese liggaam), CALA (Afrika liggaam), FILA (Internasionale liggaam).
Stoei bied die geleenthede vir die hele gesin. Seuns en dogters neem deel aan stoei, terwyl die ouers kan betrokke raak by aspekte soos afrigting, spanbestuur, administrasie en beampte werk. Bied asb. u dienste by die klub aan in een van die bo-genoemde. Deurlopend opleiding deur die klub en vereniging word verskaf om u toe te rus vir die werk.
In Noord-Gauteng word stoei beoefen in die volgende ouderdoms groepe:
Bulletjies 4 tot 9-jariges met die fokus op massa-deelname,
Jeug - deelname geskied binne ouderdoms- en gewigsafdelings op klub-, provinsiale- en nasionale vlak
Kadette-, junior- en senior stoei wat nie net binnelands fokus nie, maar ook die meeste internasionale deelnemers oplewer in Suid-Afrika
Meesters (35 jaar en ouer) – Noord-Gauteng spog met 2 wêreld kampioene
Die psigiese- en fisiese voordele van stoei is algemeen bekend by Opvoedkundige Sielkundiges, Arbeidsterapeute en Biokinetici.
Enkele voordele wat gereeld toegekryf word aan stoeioefeninge:
- Verhoogde selfvertroue
- Verbeterde spiertonis
- Versterking van die skouergordel
- Verhoogde soepelheid
- Verbeterde hand-oog koördinasie
- Middellyn-kruising probleme word aangespreek
- Verhoging in wiskunde punte
- Leer om aggressie te her-kanaliseer na positiewe energie
Verlaging in liggaamsmassa by oorgewig kinders
En die stoeiers se gunsteling; pragtige, natuurlik ontwikkelde en gespierde liggaam.
Neem in ag dat hierdie waardevolle “terapie” verkry word sonder dat dit deur die kind as terapie ervaar word.
3. Noord-Gauteng Uitvoerende Bestuur
Die Uitvoerende Bestuur vir 2012 bestaan uit die volgende persone:
Beskermheer - Oom Calie Reitz
Ere-President - Christo Reitz
Ere Visie-President - Cobus Minnaar
President - Danie Odendaal
Visie-President - vacant (Jurie Human neem waar)
Sekretaris - Marga Odendaal
Hulp Sekretaris - Charmain Witteveen
Tesourier - Sharon Allison
Hulp Tesourier - vakant
Stoei-Groei koördineerder - Fanie Vermaak
Bemarkingskoördineerder - Abel Jordaan
Spanbestuurder - Marcel de Wit
Voorsitter Adminkomitee - Alet Steenberg
Voorsitter Afrigterskomitee - Theo Pienaar
Voorsitter Beampteraad - Jurie Human
Voositter Mediese Komitee - Martie Savrda
4. Registrasies
4.1. Kostes:
Voorskool - R100
Stoeiers (1ste en 2de stoeiers) - R295
Stoeiers (3de en meer) - R0
Kinderhuis kinders - R20 (handig bevestigingsbrief van instansie in)
Behoeftige kinders - R20 (handig bevestigingsbrief van welsyn, skool of kerk in)
Admin Beamptes - R320
Afrigters - R320
Beamptes - R320
Mediese Beamptes - R320
Spanbestuurders - R320
Klubaffiliasie 2013 - R1500
Verlore Stoeierskaarte - Gaan nie meer gebruik word nie
Kaart vir nuwe stoeiers - Gaan nie meer gebruik word nie
SAMS koste - R300 (klubs wat in 2010 minder as
50 geregistreerde lede gehad het kry
R200 afslag)
4.2. Prosedures vir registrasies
Alle klubs is self verantwoordelik om hul registrasies self te hanteer deur middel van SAMS
- http://www.sportadmin.co.za.
Klubs kan self besluit of hul ouers en stoeiers die registrasies self kan doen, waarna dit met “workflow” na die klub gaan vir goedkeuring en of ‘n persoon in die klub aan gewys word om al die registrasies te doen.
Klubs wat nie oor die nodige rekenaar- of internet fasiliteite beskik nie, kan dit in die NGS kantoor kom doen, waar rekenaars beskikbaar gestel kan word. (die proses moet met Laurika uit geklaar word. Bv per afspraak of dat ons ‘n laptop permanent beskikbaar het wat dalk met een van die kabels vas gemaak word sodat hy nie deur buitestaanders weg gedra kan word nie)
Alle registrasie dokumentasie moet deur die klubs bewaar word en te enige tyd aan gevra kan word.
Met nuwe registrasies moet die volgende dokumentasie in die besit van NGS kantoor wees voordat die registrasie goedgekeur en aan SASF gestuur sal word (per e-pos, faks of hand):
· Afskrif van geboortesertifikaat / ID
· FILA Doping vorm
· SASF Vrywaringsvorm
Geen vorms sal met her-registasies benodig word nie.
Amptenare registrasie word ook om SAMS gedoen die enigste vorms wat benodig word is die SA Admin en SA Spanbestuur vorms.
Let wel.
· Stoeiers sal nie aan enige toernooie kan deelneem voordat die registrasie tot op SASF goed gekeur is nie, begin dus betyds.
· SASF het besluit dat die stoeiers kaarte en seëls nie meer gebruik gaan word nie. Die klub sal ‘n SAMS “Member Report” verskaf om inskrywings te bevestig tydens inweeg.
5. Inskrywingsprosedures vir NG aangeleenthede
5.1. Alle inskrywings moet d.m.v. SAMS gedoen word, voor of op die sluitingsdatum van die betrokke toernooi/kampioenskappe. Neem asseblief kennis van die sluitingsdatums vir die inskrywings by die Noord-Gauteng Sekretaris soos aangedui op die kalender. Hierdie 2 dae voor die inskrywingsdatum van die SASF, word gebruik om die nodige ondersteunings aksies tot die span te koördineer.
5.2. Amptenare wat die stoeiers vergesel na toernooie, word ook om SAMS gedoen d.m.v. die Akkreditasie funksie by “Events”.
· Neem asb kennis daarvan dat daar vir elke sewe stoeiers een beampte gestuur moet word (Leerling beamptes verteenwoordig 3 stoeiers).
· Elke klub moet ook ‘n Admin beampte stuur vir die eerste 15 stoeiers en nog een indien daar meer as 15 stoeiers deelneem.
· Die Afrigters-, Beamptes- en Spanbestuurder nominasies vir SA toernooie moet direk na die betrokke komitee gestuur word, waarna verteenwoordigers aan gewys word deur die komitee.
· Admin beamptes moet reeds voor die her-registrasie op 14 November 2011 hul aansoeke vir datums na SA toernooie deur gee.
5.3. Die inskrywingsgeld vir kampioenskappes en opes in die Vereniging, is as volg:
Bulletjiestoernooie R25
Nico Visser Toernooi R90
NG Presidente Kampioenskappe R130
NG Jeug, KAD en SNR Kampioenskappe R140
Johnnie Reitz – Big 5 R160
Massa verskuiwings R50
Laat inskrywings R80
Behoeftige stoeiers R80
SA Kampioenskappe R220
SA Gradering R150
SA Streek R170
5.4. As gevolg van die tekort aan beamptes, het Noord-Gauteng Uitvoerende Bestuur besluit om ‘n heffing op alle inskrywings na SA aangeleenthede te hef. Hierdie geld sal aangewend word om Beamptes te ondersteun in uitgawes wat aangegaan mag word. Die inskrywingsgeld vir SA aangeleenhede is dus as volg:
6. Spankeuses
Die spanbestuurderskomitee, in samewerking met die afrigterskomitee, sal die volgende beleid volg vir die kies van spanne:
6.1. Nominasies
· Indien geen proewe of kampioenskap plaasgevind het nie, sal klubs versoek word om stoeiers te nomineer en voor ‘n datum aan die spanbestuurderskomitee deur te stuur.
· Die spanbestuurderskomitee in samewerking met die afrigterskomitee kies die span uit die nominasies wat ontvang is. Noord-Gauteng oefensessies en vorige prestasies van stoeiers sal onder andere in ag geneem word.
· Die finale span word vir goedkeuring aan die Uitvoerende Bestuur voorgelê en word daarna bekend gemaak.
· Let wel Noord-Gauteng kleure word slegs aan hierdie stoeiers toegeken indien hy/sy ‘n medalje op die betrokke SA Toernooi kry.
6.2. Proewe / Kampioenskap
· Indien ‘n stoeier nie aan die spesifieke NG Kampioenskappe deelneem nie kan hy nie kwalifiseer vir Noord Gauteng kleure nie behalwe as hy ‘n medalje op die betrokke SA Kampioenskappe gewen het.
· Waar daar ‘n proewe of kampioenskap plaasgevind het, sal die uitslae ‘n groot rol speel in die samestelling van die span deur die spanbestuurders- en afrigterskomitee.
· ‘n Stoeier wat beseer of siek is en dus nie aan die proewe / kampioenskap kon deelneem nie, kan wel in ag geneem word vir die span, indien hy / sy
· Inskryf vir die proewe / kampioenskap (Daar moet aangedui word dat die stoeier nie gaan deelneem aan die proewe nie.)
· ‘n Mediese sertifikaat moet voor of op die oggend van die inweeg ingehandig word deur die betrokke klub.
· In uitsonderlike gevalle mag stoeiers wat weens ander redes nie aan die proewe / kampioenskap kon deelneem nie, en nie teenwoordig was tydens inweeg nie, ook oorweeg word om in die span opgeneem te word, indien hy / sy:
· Ingeskryf (en dus genomineer) is vir die proewe / kampioenskap
· Skriftelike bewyse saam met die inskrywing ingedien word waarom die stoeier nie kan deelneem nie en teenwoordig kan wees met die inweeg nie.
· Na afloop van die kampioenskappe, voor die finaliseering van die span, kan ‘n klub stoeiers wat voldoen aan 6.2.2 en 6.2.3 nomineer in alternatiewe gewigte vir die saamstel van die span. Sulke verskuiwings sal oorweeg word vir die samestelling van die span op grond van die totale span se potensiaal om te presteer tot voordeel van NGS.
· Vir spankeuse sal die bywoning van die vereniging se oefensessies en vorige prestasies in ag geneem word.
· Die finale span word voorgelê vir goedkeuring deur die Uitvoerende Bestuur en word daarna bekend gemaak.
6.3. Noord-Vaal Liga
Die Noord-Vaal liga is nou uitgebrei om te groei na ‘n landswye liga en goedkeuring is verleen dat verenigings kan weg beweeg van die normale rooi en blou stoeipakke om ‘n span identiteit te kan bou.
Die Toernooi word beslis tussen stoeiers vanaf 9 jaar tot 20 jaar (kan verander agv LTPD) in die Presidente gewigte. Elke span skryf een stoeier per gewig in wat dan in span verband deelneem teen elke ander span.
Om die Noord-Vaal liga weer te wen is een van Noord-Gauteng Stoei se prioriteite vir 2012.
Stoeiers se vertoning sal tydens die voorafgaande toernooie (Tuks Challenge, Noord-Wes Ope en Oos-Gauteng Ope) be-oordeel word, om die sterkste moontlike span aan te wys. Twee van die 3 toernooie soos genoem sal in ag geneem word vir die goedkeuring van die span. Die stoeiers moes aan die president afdelings van hierdie toernooie deelneem het.
7. Spanbestuurders
Spanbestuurders word versoek om kennis te neem van die graderings van Spanbestuurders na ’n hoë vlak:
7.1. Alle Spanbestuurders moet 'n teoretiese eksamen slaag om opgegradeer te word.
7.2. Die slaagsyfer vir die teoretiese eksamen se slaagpunt sal varieer na gelang van die vlak waarteen die Spanbestuurder gemeet word.
• Eksamen slaagpunt vir vlak1 is 70%.
• Eksamen slaagpunt vir vlak 2 is 80%.
• Vlak 3 tot en met Vlak 5 word deur die SA Spanbestuurdersraad hanteer.
7.3. Sodra 'n spanbestuurder die provinsiale “Vlak 2” gradering verwerf het, kan hy deur die Vereniging aangewys word om by die S.A. Kampioenskappe en proewe op te tree.
7.4. Om by die S.A. aangeleenthede op te tree, verstrek die Spanbestuurderskomitee die name van spanbestuurders wat geskik is, aan die Uitvoerende Bestuur deur wie die Spanbestuurders aangewys word.
7.5. Om oorweeg te word vir gradering of om by S.A. aangeleenthede op te tree moet 'n Spanbestuurder ten minste 50% van die Provinsie se aangeleenthede aktief bywoon. Skriftelike vertoë kan in uitsonderlike gevalle oorweeg word. Erkenning word verleen aan Nasionale Kursusse.
8. Beamptes
8.1. Met die toename in stoeier getalle in NGS is dit dringend noodsaaklik om die aantal en gehalte van beamptes te verbeter. Elke klub moet ‘n Beampte verteenwoordiger aanstel wat Beamptes Bestuur vir toernooie en die klubs moet by elke Algemene Bestuursvergadering verslag doen oor vordering met hul beampte werwing en opleiding.
8.2. Dit is en bly die verantwoordelikheid van Klubs om hul Beampte getalle reg te bestuur wat op toernooie optree. Klubs moet met enige tekorte, Beamptes Leen, Huur of Betaal vanaf ander Klubs of Provinsies en die name so aandui op die inskrywings op SAMS.
8.3. Die Getal Beamptes wat Klubs vir Toernooie deurstuur, moet gesamentlik met hul Stoeier registrasies op SAMS gebeur en daar moet seker gemaak word dat die Beampte getalle genoeg is vir die hoeveelheid Stoeiers om Boetes te vermy.
8.4. Daar moet vir elke 7 Stoeiers een(1) Geregistreerde Beampte ingeskryf word op toernooie. NB. Provinsiaal C Beampte tel net vir 3 Stoeiers. . Boetes sal gehef word vir stoeiers wat sonder Beamptes ingeskryf word.
8.5. NGS lei ook “KLUB BEAMPTES” op, vanaf ouderdom 13Jr, om op NGS Toernooie en sekere Opes op te tree. Dit is dan ook die verantwoordelikheid van Klubs om ‘n lys van “KLUB BEAMPTES” saam te stel sodat hul nodige opleiding kan kry asook hul registreer op SAMS. Een(1) “Klub Beampte” ingeskrywing vir elke 10 Stoeiers.
8.6. Beampte Graderings vir 2012: Eerste Registrasie Provinsiaal C. Daarna na elke Kursus, Eksamen en Prakties wat geslaag word, word die Beampte opgradeer na Prov.B, Prov.A, SA2, SA1, Kat.2, Kat.1, Exeptioneel en Honeurs.
8.7. Eerste registrasie in SA kan plaasvind in die jaar waarin die persoon 15 jaar word en kan aanhou registreer mits die NGBR steeds van mening is dat hy fisies en psigies Kwalifiseer om op te tree met verantwoordelikhede van sy huidige vlak.
8.8. Provinsies wat SA byeenkomste aanbied, moet ook die videokameras en monitors vir die matte voorsien en persone wat dit kan beman.
8.9. Die gradering van ‘n Provinsiale beampte kan in verdienstelike gevalle aangepas word. Daar moet egter ‘n brief vanaf die klub deur die vereniging na die SABR gestuur word met voldoende bewyse (afskrif van eksamen vraestel). Die SABR sal die saak bespreek en indien aanvaar word, sal die SABR die betrokke beampte tydens ‘n Ope Kampioenskap prakties evalueer.
8.10. Opgradereing: Vir ‘n beampte om sy/haar huidige gradering te verbeter moet hy/sy deelneem aan minstens een Teoretiese eksamen en een praktiese kontrole aangeleentheid asook voldoen aan die getal optredes ( 2 x Opes en 5 x Provinsiale /Klub byeenkomste) vir die betrokke jaar. Sy/haar gemiddelde punt moet voldoen aan die vereistes van die volgende hoër kategorie.
8.11. Stagnering: Vir ‘n beampte om sy/haar huidige gradering te behou moet hy/sy deelneem aan minstens een kursus en een kontrole aangeleentheid vir die betrokke jaar.
8.12. Afgradering: Enige beampte wat nie ‘n kursus bywoon nie sal afgegradeer word. ‘n Beampte wat vir twee jaar na mekaar nie die minimum punt behaal van sy huidige gradering nie, sal afgegradeer word. ‘n Beampte wat vir twee jaar na mekaar geen eksamen (skriftelik en prakties) aflê nie sal afgradeer word. Enige beampte wat skuldig bevind word tydens ‘n tug verhoor kan afgegradeer word, afhangende van die oortreding.
8.13. Die stoei reëlboek is beskikbaar op die web blad van die internasionale stoeiliggaam, FILA se web blad http://www.fila-wrestling.com, vanaf die OFFICIAL venster, dan REGULATIONS, onder OLYMPIC WRESTLING kan Wrestling Rules afgelaai word..
9. Medies
Alle klubs moet ‘n persoon beskikbaar stel/nomineer om te dien op die vereniging se mediese komitee (‘n mediese kwalifikasie is nie ‘n vereiste nie, maar ‘n aanbeveling). Indien die klub nie ‘n persoon beskikbaar stel nie, sal die Voorsitter van die klub die verantwoordelikheid moet aanvaar. Die Klubs moet ten alle tye ‘n goed toegeruste noodhulptas tydens oefeninge beskikbaar hê. Elke stoeier se registrasie kaart moet volledig ingevul wees, insluitende die mediese fonds nommer.
8.1 Doping
Alle klubs moet in besit wees van die lys van verbode middels. Stoeiers en ouers moet bewus wees dat sekere energiemiddels, asook algemene oor die toonbank medikasie verbodemiddels kan bevat. Die onus berus by die stoeiers om seker te maak dat hy nie wetend/onwetend verbodemiddels neem nie, dit sluit voorskrif en nie-voorskrif medikasie in. Stoeiers kan ter enige tyd, asook tydens kampioenskappe getoets word. Indien ‘n stoeier wel positief toets, mag hy/sy die gevaar loop, om vir ‘n bepaalde tydperk geskors te word. Daar is ‘n webtuiste waar nageslaan kan word, watter middels toelaatbaar is en watter verbodemiddels is.
Vir meer inligting kan die volgende webtuiste besoek word: http://www.drugfreesport.org.za en gaan dan na “drug search” en http://www.wada-ama.org vir inligting oor spesifieke middels
Die klub se mediese verteenwoordiger moet in besit van die lys van verbode middels en kan deurlopend geraadpleeg word.
8.2 Terapeutiese gebruik van verbodemiddels
In sekere gevalle is daar medisyne bv.Ritalin, insulien en asma pompies, wat as verbode middels beskou word. Hierdie middles moet wel vir terapeutiese doeleindes gebruik word. Daarom moet so gou as moontlik, verkieslik in die begin van die jaar, die korrekte aansoekvorm ingevul word. Hierdie aansoek moet via die voorsitter van die mediese komitee gestuur word na Drugfree-sport, sowel as die SA Mediese komitee om aansoek te doen vir ‘n vrystelling sertifikaat. So ‘n aansoek neem ongeveer ‘n maand om afgehandel te word. Hierdie sertifikaat is gewoonlik geldig vir 2 jaar. ‘n Afskrif van die sertifikaat moet tydens inweeg medies by elke toernooi ingehandig word.
Hierdie aansoekvorm, volledig ingevul deur die betrokke dokter, moet vergesel word van ‘n voorskrif sowel as alle toepaslike mediese verslae. Stoeiers moet kennis neem van die vervaldatum van die sertifikaat en weer betyds volledig aansoek tesame met al die nodige dokumentasie.
Neem kennis dat hierdie ‘n tydsame proses is en nie uitgestel moet word nie.
8.3 Asma Pompies
Die gebruik van asma pompies val onder punt 8.2, maar die volgende moet ook in ag geneem word: die pompie moet op die tafel by die matvoorsitter geplaas word, voordat die wedstryd in aanvang neem en daar gelaat word tydens die wedstryd. Pompies mag net eenkeer per wedstryd gebruik word. Indien nodig moet die afrigter die pompie by die tafel gaan haal, vir die stoeier bring om te gebruik, waarna hy dit weer terug plaas op die tafel. Die stoeier sal net sy pompie mag gebruik, indien hy dit tydens die inweeg medies verklaar het en die nodige geldige sertifikaat ingehandig het.
8.4 Velletsels
Vir enige velletsel, wat ‘n vermoede mag ontlok, dat dit moontlik aansteeklik of ‘n omloop mag wees, moet die stoeier ‘n brief (nie ouer as sewe dae) van ‘n dokter hê om te bevestig dat dit nie aansteeklik/omloop is nie. ‘n Stoeier mag nie met enige pleister of verbande inweeg, of op die mat verskyn vir sy eerste wedstryd nie. Daar kan wel tydens inweeg medies aangeteken word op die amptelike vorm, wat dan aan die stoeier toestemming verleen om wel met pleister/verband sy eerste wedstryd te stoei. Wat dan na die inweeg proses aangebring mag word. Indien die stoeier in sy eerste wedstyd of daarna, beseer word, hy wel ‘n pleister of verband aanbring .
Let Wel: Enige briewe ter stawing van siekte, velletsels en TUE sertifikate moet tydens die inweeg mediese ondersoek, ingehandig word. Neem kennis dat die inweeg mediese proses daar is om alle stoeiers te beskerm. Stoeiers mag nie met enige juweliersware, kouse of tydelike tattoos inweeg nie.
10. Bemarking
10.1. Prestasie-inligting na skole
Noord-Gauteng se web blad word gebruik as ‘n administratiewe blad om die verspreiding van inligting te vergemaklik. Hou gerus http://www.gnwrestling.co.za dop.
Die klubs word versoek om deur die jaar kennisgewings aan die skole te stuur. (‘n voorgestelde format is beskikbaar)
‘n Volledige lys van prestasies sal na afloop van die stoeiseisoen deur NGS aan die onderskeie skole gestuur word. Hierdie prestasies sluit in deelnames en medaljes verower tydens nasionale- en internasionale toernooie, asook kleure verwerf.
11. Noord-Gauteng Prysuitdeling
11.1. Stoeier toekennings
Erkenning word ook verleen aan stoeiers wat Noord-Gauteng kleure en SA kleure ontvang het gedurende die jaar, asook aan stoeiers wat deel geneem het aan internasionale stoei aangeleenthede.
Daar word van al hierdie stoeiers verwag om die funksie by te woon. Bevestig asb. bywoning en getalle voor of op die datum soos op die kennisgewing bepaal by die NGS kantoor. Die gelde wat aan die SA medalje wenners uitbetaal word, sal slegs gegee word aan stoeiers wat die prysuitdelingsfunksie bywoon.
11.2. Ampsdraer toekennings
Erkenning word ook verleen aan ampsdraers (beamptes, admin beamptes, spanbestuurders, afrigters) wat Noord-Gauteng- en SA kleure ontvang het gedurende die jaar asook persone wat deel geneem het aan internasionale stoei aangeleenthede
11.3. Klub trofeë
Toekennings word gemaak aan klubs vir die prestasie tydens Noord-Gauteng kampioenskappe (goud = 5 punte, silwer = 3 punte en brons = 1 punt):
· Noord-Gauteng Vrystyl Presidente kampioenskappe
· Noord-Gauteng Grieks-Romeinse kampioenskappe
· onder 8 jaar
· onder 9 jaar
· onder 10 jaar
· onder 11 jaar
· onder 13 jaar
· onder 15 jaar
· onder 17 jaar (Kadette)
· onder 20 jaar (Juniors)
· Seniors
· Algeheel
· ‘n Toekenning word gemaak aan die A-, B-, en C-liga wenners tydens die Noord-Gauteng Liga
· ‘n Uitvoerende Bestuur toekenning aan die klub wat deur die jaar die beste voorkoms gehad het.
11.4. Individuele trofeë
Toegekenings deur die Uitvoerende Bestuur. Klubs nomineer en die uitvoerende bestuur wys die wenners aan (die uitvoerende bestuur kan name byvoeg). Kriteria wat in ag geneem kan word tydens die beoordeling van hierdie stoeiers sluit in prestasie op nasionale en internasionale vlak sowel as deelname aan Noord-Gauteng toernooie en die standaard van stoei wat in die betrokke stoeier se kompetisieveld ter sprake is (aantal en standaard van opponente).
· Dames trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n dames stoeier wat uitsonderlike prestasie gelewer het. (Alle ouderdomme)
· Grieks-Romeinse o/15 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/15 jaar kategorie.
· Grieks-Romeinse o/17 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/17 jaar kategorie
· Grieks-Romeinse trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Grieks-Romeinse stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het. (Alle ouderdomme)
· Vrystyl o/15 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/15 jaar kategorie.
· Vrystyl o/17 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/17 jaar kategorie.
· Vrystyl o/20 jaar trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die o/20 jaar kategorie.
· Vrystyl senior trofee – ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n Vrystyl stoeier wat uitsondelike prestasie gelewer het tot en met die senior kategorie.
Sportmangees trofee - ‘n Toekenning word gemaak aan ‘n deelnemer wat uitstaan in meer as net stoeiprestasie. Algemene gesindheid, toewyding en betrokkenheid by die vereniging se aktiwiteite word ook in ag geneem
11.5. Toekenningskriteria
‘n Stoeier, wat sonder geldige verskoning, nie Noord-Gauteng aangeleenthede ondesteun nie, mag deur Noord-Gauteng bestuur gediskwalifiseer word vir enige toekennings, bv wanneer ‘n stoeier gekies word in ‘n NGS span en nie opdaag vir die geleentheid nie.
Die aansporings bonus wat aan stoeiers wat SA medaljes verower het, sal slegs aan stoeiers oorhandig word wat die prysuitdeling bywoon.
12. Algemeen
12.1. Algemene Bestuursvergaderings
Noord-Gauteng Algemene Bestuursvergaderings sal elke tweede maand om 20:00 in die konferensiesaal plaasvind. Klub voorsitters word versoek om, so ver moontlik, hierdie vergaderings by te woon sodat daar kontinuteit kan wees (sien kalender vir datums).
12.2. Hantering van Kombuise
Tydens alle provinsiale- en nasionale toernooie in Noord-Gauteng sal die verkope van alle koeldranke, sappe, water, chips en lekkers gebruik word om fondse vir die vereniging te genereer. Klubs word die geleentheid gebied om die kos-kombuis te hanteer om fondse vir die klub te genereer. Geen heffing sal van die klub verwag word nie. ‘n Kennisgewing is reeds na die klubs gestuur om te vra om aansoek te doen vir die onderstaande geleenthede.
Toernooi
Nico Visser Zenzele Soshanguve
NG Presidente Akasia
NG Kadet & Snr Kamp geen aansoek
NG Jeug & Junior Kamp Reitz
NG Liga Johan Theron
NG Bulletjiestoernooie Menlopark / Akasia Maart
Johnnie Reitz – Big 5 toernooi geen kombuis by LC
12.3. Kommunikasie in Noord-Gauteng
Neem asb kennis en lig ook die lede en ouers van die klubs in tov die van kommunikasie prosedure in Noord-Gauteng en die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie ter wille van goeie orde.
Stoeiers en ouers kommunikeer met die bestuur van die klub, die bestuur van die klub kommunikeer met die komitees en uitvoerende bestuur van Noord-Gauteng.
Kommunikasie na die SA komitees en -rade word gedoen deur die NGS komitee Voorsitter / sekretaris of NGS President / Sekretaris, met afskrifte van die kommunikasie na mekaar.
Slegs die NGS President of Sekretaris kommunikeer met die SASF bestuur.
Hierdie kanale word ook gevolg vanaf SASF terug na die stoeiers en ouers.
Indien enige persoon of instansie bewys kan lewer dat alle pogings tot kommunikasie na die betrokke instansie onsuksesvol was, kan met een vlak hoër of laer geskakel word om dispute te besleg.
‘n Voorstelle kassie sal aangebring word in die portaal voor die NGS kantoor. Neem asb. die vrymoedigheid om voorstelle hier in te gooi. Klagtes moet asb. vergesel wees van ‘n voorstel om die probleem aan te spreek.
12.4. Adreslyste
· NGS ’11-02 – NGS Uitvoerende bestuur
· NGS ’11-03 – NGS Komitees
· NGS ’11-04 – NGS Klubs
Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za
12.5. Kalender & Jaarprogram
· NGS ’11-05 – Kalender
· NGS ’11-06 – Jaarprogram
Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za
12.6. Registrasievorms
Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za
12.6.1. Amptenare
Alle registrasie op SAMS, behalwe Spanbestuurders en Admin beamptes ook SASF registrasie vorm + foto
12.6.2. Stoeiers
· Alle registrasie op SAMS
· Met eerste registrasie sal die registrasie slegs deur die Noord-Gauteng kantoor goed gekeur word indien die volgende in gehandig is:
· Afskrif van geboorte sertifikaat
· FILA Mediese vorm
· SASF “Indemnity” vorm
· SASF Gender Determination – Eenmalig vir Dogters op internasionale deelname ouderdomme
Sien Bylae tot die inligtingstuk en http://www.gnwrestling.co.za
12.7. Voorgestelde formaat - Prestasie brief na skole
· NGS ’11-13
12.8. Klub Affiliasie
· NGS ’11-14
12.9. Nominasie vorm
· NGS ’11-15